Dink buite jou beursie

Die behoefte om vir jou kind net die beste te gee, glo ek, word ingebore. As eerste keer mamma is ek natuurlik deel van al wat ‘n mamma groep is op sosiale media. Elke nou en dan duik daar ‘n oulike voorstel op oor ‘n nuwe opvoedkundige speelding wat allerhande voordele inhou vir jou baba en peuter se ontwikkeling. Ongelukkig bly die speelgoed net op my Takealot wenslysie en raak dit nooit deel van ons opvoedkundige speletjies nie. Dit is net nie binne ons begroting nie.

Hoe nou gemaak as jou hart sê ja en jou beursie nee?

Ek moes begin om buite die boks (en my beursie) te dink om seker te maak dat my kind nogsteeds die voordele van opvoekundige speelgoed geniet, sonder dat dit my ‘n arm en ‘n been kos.

Die antwoord? Herwinbare spel!

Maak herwinbare spel deel van jou kind se ontwikkelings program. Gebruik basiese huishoudelike items en omskep dit in heerlike, opvoedkundige aktiwiteite.

Gebruik wat jy alreeds in die huis het. Eierhouers, melkhouers, oorstokkies, toiletrolletjies, leë bakkies, deksels, tou, foelie, karton bokse, wol, blikke en selfs rys kan gebruik word om jou kind se fyn motoriese; kognitiewe; sosiale en emosionele; spraak en taal en growwe motriese ontwikkeling te bevorder.

Die opsies en speletjies is eindeloos en dit gaan jou nie veel meer kos as ‘n bietjie geduld en kreatiwiteit nie.

Hier is ‘n lekker idee vir jou eerste herwinbare ontwikkelings aktiwiteit.

Fyn motoriese ontwikkeling en terkstuur voorstelling

Benodighede:

  1. ‘n Halwe koppie ongekookte rys
  2. 1 Eierhouer
  3. Verf
  4. ‘n Magies vol liefde bakkie/ enige klein bakkie
  5.  Enige middelslag “tupper” bakkie

Hoe om dit te maak:

  1. Verf die eierhouer met die kleure van jou keuse. Maak seker om elke kleur tenminste 3 keer te gebruik.
  2. Gooi die rys in jou “tupper” bakkie.

Hoe die aktiwiteit werk:

  1. Laat jou kind die rys met behulp van jou Magies vol liefde bakkie, wat as ‘n skepper dien, vanaf die “Tupper” bakkie na die eierhouer oorplaas. Probeer om al die gatjies eweredig te vul.
  2. Vra jou kind om slegs die blou gatjies vol rys te maak.
  3. Laat jou kind slegs byvoorbeeld 5 korrels rys in elke gatjie gooi.

Dié lekker aktiwiteit kan aangepas word nagelang van jou kind se ouderdom.

Daar wag beslis reeds ‘n wonderlike ontwikkelings aktiwiteit tussen jou allerdaagse huishoudelike items. Bêre daai papboks en dink twee keer voor jy die gebreukte wasgoedpennetjie weggooi, dit mag dalk net vir ure se pret sorg.

-Lericia Janse van Rensburg-

* Gaan besoek gerus Lericia se blog @growing_on_a_budget op Instragram vir meer herwinbare ontwikkelings aktiwiteite en idees. 

Cart
Open chat
We're here to help ☺️
Powered by Happiness 👶
Hi there 👋

If you have any questions about ANYTHING on the Dink Buite Jou Beursie page, simply ask here 👐